NATi 2022 Produksies
NASIONALE AFRIKAANSE TEATER-INISIATIEF
Agulhasvlakte
Milly, ’n bloemis, veg haar hele lewe lank teen die verandering van natuurskoon in ’n spesiale gebied van biodiversiteit wat ook haar geboortegrond is, naamlik die Agulhasvlakte.
Bientang: bloedspoor/!nau
Bientang: bloedspoor/!nau is ’n verwerking van die bekroonde digter Jolyn Phillips se tweede digbundel, Bientang.
Die dinge van ‘n kind
Dis die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord teen die agtergrond van die 70’s se politieke leuens en die verminking van jong mans in die Grensoorlog. ’n Produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hul lewe.
Die halwe huis
Vandag is die dag wat Bumper alles gaan beëindig. Sy mes is skerp en hy’t mooi nageslaan oor hoe hy moet sny, maar voor hy sy twee polse oopvlek, wil hy darem sy kant van die storie vertel.
die oerkluts kwyt
Antjie Krog en Antoinette Kellermann, wyd bemind en veel bekroond in die skryf- en teaterwêreld, word in 2022 albei 70.
Ek wens, ek wens
Ek wens, ek wens is ’n fabelagtige verhaal oor Seb, ’n lykbesorger wat ’n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei.
Ek, Anna van Wyk
Ek, Anna van Wyk word beskou as ’n klassieke werk in Afrikaans en is ook voorgeskryf vir skole. Dis een van die sterkste en mees komplekse vrouerolle wat in Afrikaans geskryf is.
Mutton Hour
In Mutton Hour bring van ons voorste teaterlui kort stories oor liefde, verlies, hansworse en katte na die verhoog – lekker lawwe verhale vol humor, musiek en kamishibai, die Japannese tegniek van geïllustreerde storievertelling.
Op hierdie dag
Geïnspireer deur Dylan Thomas se Under Milk Wood, stel Op hierie dag deur storievertelling, musiek, sang, poësie en fisieke teater die verskeidenheid van Oudtshoorn-inwoners, beide werklik en verbeel (soms herverbeel), bekend en ons sien hoe hul dae oor parallelle tydraamwerke verloop.
Opdrifsel
Mara en Bernard verloor hul tienerseun, Dylan, en daarmee saam hul idee van familie, van ‘ons’. Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te ondersteun. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Verwyte, woede, beskuldigings en toe deure kenmerk hul smart tydens die eerste Kersfees sonder Dylan. ’n Aangrypende storie oor mense wat hulleself én mekaar in die donkerte van rou verloor – en weer moet vind.
Pietersielie en Roosmaryn vertel stories
Met vele instrumente, ’n poppekas en hul kleurryke persoonlikhede is dié twee veral passievol oor die waarde van stories. Op hul reise ontmoet hulle vir Prinses Pampoenpit en Faizel, ’n meisietjie en ’n seuntjie, wat deur hul stories die belangrike les leer dat almal uniek en spesiaal is.
Spertyd
My dogter sê: ‘Ma, mens bly nooit in ’n doodloopstraat nie. Jy draai om, ry terug en kry ’n nuwe koers.’ Dit klink baie dapper, maar ek is nie meer dapper nie.” Só eerlik en onsentimenteel skryf die bekroonde Elsa Joubert oor die oudwordproses. Prinsloo volg haar vorige, kragtige eenvrouvertonings (Kamphoer, Oskar en die pienk tannie en Die naaimasjien) op met hierdie werk wat inspireer en ontroer, maar ook vertroos.