Negende kykNET Fiësta-toekennings!

Die toneelstuk Toutjies en Ferreira deur Saartjie Botha loop voor met agt benoemings vir kykNET se Fiësta-teaterpryse. Die benoemings is Donderdag bekend gemaak.

Produksies wat die afgelope jaar op die US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees, Vrystaat Kunstefees en die Aardklop Nasionale Kunstefees op die planke was, kom hiervoor in aanmerking.

Botha se jongste teks, wat op Aardklop gedebuteer het, bestaan uit twee bedrywe, ’n komedie en ’n drama, wat elkeen deur ’n afsonderlike regisseur behartig is.

Negende kykNET Fiësta-toekennings! NATi

Die produksie, wat onder meer oor emigrasie handel en oor ouers wat agterbly as hul kinders die land verlaat het, het onder meer benoemings gekry vir beste ensemble en beste regie (Nicole Holm en Wolf Britz). Die akteurs Frank Opperman en Joanie Combrink is ook as beste akteur en aktrise vir hul rolle hierin benoem.

Britz het drie benoemings vir beste teaterontwerp ontvang vir die produksies GodgOdgoDHierdie lewe en Toutjies en Ferreira.

Die dramaturg en regisseur Philip Rademeyer se stuk Klippe wat val met Wilhelm van der Walt, Dean-John Smith en Gideon Lombard het vyf benoemings ontvang.

Dit sluit in beste akteur (Van der Walt) en regie.

Rademeyer se toneelstuk Huishou, ook ’n Aardklop-debuut met Nadia Valvekens en Cintaine Schutte, het vier benoemings ontvang. Valvekens en Schutte is albei as beste aktrise benoem.

Die Fiësta-paneel, wat uit tien lede en ’n sameroeper bestaan, het nagenoeg 230 debuutproduksies deur die loop van die jaar gesien.

Die negende kykNET Fiësta-toekenningsgeleentheid word op 14 Februarie in Kaapstad aangebied en word regstreeks op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Die kykNET Fiëstas vereer ook legendes vir hul lewensbydrae tot die uitvoerende kunste. Die akteurs John Kani en Sandra Prinsloo word tydens die toekenningsgeleentheid elk vir hul bydrae tot die skeppende kunste vereer, en Eduard Greyling word vir sy bydrae tot die uitvoerende kunste en ballet vereer.

Die publiek kan vanaf 3 Desember vir hul gunstelingfees stem in die kategorie Fees van die Jaar. Vanjaar was die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom die wenner.

Die volledige lys benoemings:

Beste akteur

Albert Pretorius – Bloed en Bodem (Aardklop)

Frank Opperman – Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Neil McCarthy – Curse of the Starving Class (US Woordfees)

Wilhelm van der Walt – Klippe wat val (US Woordfees)

Beste aktrise 

Cintaine Schutte – Huishou (Aardklop)

Joanie Combrink – Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Lee-Ann van Rooi – Ons is almal freaks hier (US Woordfees/KKNK)

Nadia Valvekens – Huishou (Aardklop)

Beste manlike byspeler

Albert Pretorius – Ons is almal freaks hier (US Woordfees/KKNK)

De Klerk Oelofse – Babbelagtig (KKNK)

Dean-John Smith – Klippe wat val(US Woordfees)

Dustin Beck – Kinnes (US Woordfees)

Beste vroulike byspeler

Anna-Mart van der Merwe – Swerfgoed (KKNK)

Esther von Waltsleben – Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Lee-Ann van Rooi – Kinnes (US Woordfees)

Sorina Erasmus – Antie Pohl (Innibos)

Beste duo of ensemble

Babbelagtig (KKNK)

Huishou (Aardklop)

Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixiastraat (US Woordfees)

Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Beste spel in ‘n solo-vertoning

Antoinette Kellermann – Hierdie lewe (US Woordfees)

Charlton George – Rokkie (Suidoosterfees)

Gérard Rudolf – Die kuns van verdwyn (US Woordfees)

Jefferson Dirks Korkee – Rooilug (Vrystaat Kunstefees)

Beste regie

Ilana Cilliers en Wolf Britz – GodgOdgoD (Vrystaat Kunstefees)

Philip Rademeyr – Klippe wat val (US Woordfees)

Sylvaine Strike – Curse of the Starving Class (US Woordfees)

Wolf Britz en Nicole Holm – Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Beste teaterontwerp

The Loft Puppet Company (poppe) – Beloofde land / Promised land (US Woordfees)

Wolf Britz en Ilana Cilliers (stelontwerp) – GodgOdgoD (Vrystaat Kunstefees)

Wolf Britz (stel en beligting) – Hierdie lewe (US Woordfees)

Wolf Britz (stelontwerp) – Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks

Chase Rhyse – Kinnes (US Woordfees)

Philip Rademeyer – Huishou (Aardklop)

Philip Rademeyer – Klippe wat val(US Woordfees)

Saartjie Botha – Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Beste verwerking of vertaling van ‘n bestaande werk

Hierdie lewe – Saartjie Botha (US Woordfees)

Tjieng Tjang Tjerries – Jolyn Phillips en Jason Jacobs (US Woordfees)

Fotostaatmasjien – Bibi Slippers en Wessel Pretorius (US Woordfees)

Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixiastraat – Sjaka Septembir (US Woordfees)

Beste opkomende kunstenaar

Anoecha Krüger – Raak (Vrystaat Kunstefees)

Carla Smith – Bloed en Bodem (Aardklop)

Devonecia Swartz – NRNNSA en Prinz Bettliegend (US Woordfees)

Kanya Viljoen (regie en teks) – Raak (Vrystaat Kunstefees)

Beste prestasie in visuele kuns

Diane Victor – Little history: A retroflection (Vrystaat Kunstefees)

Diane Victor – Skadu’s en lig (Aardklop)

Emma Willemse – Argiewe van verlies en verlange (US Woordfees)

Willem Boshoff – Druid Walks (Vrystaat Kunstefees)

Beste prestasie in klassieke musiek

Charl du Plessis en Trio – Charl du Plessis Trio: Opposites attract(Vrystaat Kunstefees)

Charl du Plessis en Trio  – Charl du Plessis Trio: Dis opera (Aardklop)

Conroy Cupido en Odeion School of Music – Handel Masterpieces(Aardklop)

Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan – Viool Dialoog (Aardklop)

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug 

Boontoe! Engelstemme (KKNK)

Degrees of Honour: Sibongile Khumalo, Gloria Bosman en Amanda Strydom en die US Jazz Band (US Woordfees)

kykNET Konsert (Innibos)

Rymklets van Oos tot Wes (KKNK)

Beste musiekgedrewe produksie: Podium

Amanda Strydom: Stadig oor die klippers (KKNK)

Amanzi – Chant vir my dorsland (US Woordfees)

Gesnaarde gedigte (US Woordfees)

Lize Beekman: Stilte na die storm (KKNK)

Beste musiekgedrewe produksie: Teater

Afrika, my verlange / Afrique mon désir (US Woordfees)

David Kramer se Platteland (KKNK)

kykNET SOF Hip Pops (Suidoosterfees)

Lepeltjie vol snare (KKNK)

Beste aanbieding

Babbelagtig (KKNK)

GodgOdgoD (Vrystaat Kunstefees)

Klippe wat val (US Woordfees)

Toutjies en Ferreira (Aardklop)

Deel hierdie artikel
Deel op Facebook
Stuur 'n twiet
Pin die foto
WhatsApp
Stuur per e-pos

Ander artikels

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.