Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Oliver James Hymans

Geselskap

Met

Talita Beyl (musiek), Elisha Zeeman, Marelize Viljoen, Anoecha Krüger (poppemeesters), The Abonwabisi Brothers (koor en poppemeesters) en Andrico Goosen (as Juno Florensis)

Teks

Louis Roux

Stelontwerp

Andrico Goosen

Beligtingsontwerp en verhoogbestuur

Jako Beyleveld

Kostuums

The Loft Puppet Company

Musiek

Talita Beyl

Animasie

Arno Daiber

Vervaardiger

 The Loft Puppet Company
Erkenning
Geen tot op hede. Ons hoop vir die beste!

Beloofde land

Speelvak & kaartjies

Wie kan die skokfoto van ’n verdrinkte Siriese baba uitgespoel op ’n Griekse strand in 2015 vergeet? Die wêreld is geruk deur die verknorsing van vlugtelinge en
ontworteldes wêreldwyd, ’n dilemma skynbaar sonder oplossing. Twee jaar later is daar steeds ekstremisme, oorlog, armoede en nood terwyl mense steeds die oseane aandurf op soek na hul beloofde land.

The Loft Puppet Company saam met The Abonwabisi Brothers en die Londense regisseur Oliver James Hymans, self ’n bedrewe poppemeester, vertel die aangrypende storie van ’n jong seun op pad deur dié ongenaakbare wêreld.
’n Multidimensionele musiekproduksie met poppeteater, animasie en koorsang. Agter die masker van ’n nar skuil die gesig van menslikheid en hoop.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.