Dis 02:00. Die kroegman het laaste rondtes geroep.
Die Romantikus sit in ’n donker hoek, roer haar whiskey met ’n strooitjie, hou die deur fyn dop.
Sy’s maar net ’n meisie wat in ’n kroeg sit en wag. Wag vir iets wat, besef sy, dalk nie gaan kom nie…
Terwyl sy wag, besin sy oor die aand, die aand wat haar tot by hierdie punt gelei het: die verskriklike bachelorette, die ander vrou, en die besef dat die man van haar drome dalk nie alles is wat hy sê hy is nie.
Half leeg gooi ’n blik op liefde, whiskey en goeie musiek; dis ’n skerp en snydende kyk na mans, vroue en eensaamheid.