In 1988 stik die Afrikaanse establishment in hulle koffe oor die opspraakwekkende kabaret Piekniek by Dingaan, ’n seminale protesstuk wat die Afrikaanse kunstelandskap ingrypend verander het.
Heilige koeie is geslag; bloed het gevloei. Alternatiewe Afrikaanse musiek kry vlerke met die Voëlvry-beweging, terwyl die musikante landwyd op kampusse verbied is.
Verwoerd se kleinkinders wys ’n dik, vet middelvinger vir die safaripak-en-grysskoen-brigade en die tannies met die gedoende hare – dit is die naasste wat wit Suid- Afrika nog aan sex, drugs and rock ‘n’ roll gekom het. Vandag is Suid- Afrika ’n ander land. Of is dit? Bloed vloei steeds.
Heilige koeie wei dikgevreet en onverstood in die groen-groen land van KwaZulu-Natal. Kom luister na die nuwe generasie se protes terwyl dit klippe reë