Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Geselskap

Erkenning
Geen tot op hede. Ons hoop vir die beste!

Sing jy van Bomme

Speelvak & kaartjies

Sing jy van bomme het tot stand gekom tydens die onstuimige tye in die tagtigerjare. Die ou regime het alles in die stryd gewerp om die populêre opstande te onderdruk en die Suid-Afrikaanse gemeenskap is toenemend gemilitariseer. Die weermag en polisie is in die swart woonbuurte ontplooi en uniforms, pantservoertuie en helikopters het deel van die landskap geword. Moordbendes het aktiviste vermoor, die media is deur streng staatsensuur aan bande gelê, mense het verdwyn. Kortom, Suid-Afrika was op die rand van ’n afgrond. In dié neerdrukkende atmosfeer het al hoe meer wit mense begin besef dat hulle nie langer deel van dié moordmasjien wil of kan wees nie. Soldate het begin dros, alternatiewe organisasies is op die been gebring, mense het hul lewens gewaag om hulself teen die heersende orde uit te spreek. Die tagtigerjare was ’n smeltkroes van kulturele en politieke idees wat die stelsel met mening van binne af getakel het. Dis waar Sing jy van bomme vandaan kom.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.