Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Henriëtta Gryffenberg

Geselskap

Met

Paul du Toit (akteur), Jenna Dunster (aktrise), Leon Ecroignard (baskitaar), Jahn Beukes (perkussie), Lizanne Barnard (klawerbord), Pyjama Shark (akoestiese en elektriese kitaar)

Teks

Aangepas uit twee verhale van Eugène Marais

Stelontwerp

Johan Engelbrecht

Beligtingsontwerp

Ni-lou Breytenbach

Musiek

Lizanne Barnard

Choreografie

Ignatius van Heerden

Kostuums

Madelaine Lotter

Poppe

Ernetia Bedeker

Verhoogbestuurder

Mariska Meyer
Erkenning

’n NATi / Feesteforum-produksie

Uit die Bloute

Speelvak & kaartjies

Hierdie musiekteaterproduksie het teatergangers telkemale op hulle voete gehad sedert die onlangse opening by die Innibosfees en Vrystaatse Kunstefees. Twee kortverhale van Eugène Marais kry verbeeldingryk gestalte op die verhoog: “Die Lied van die Reën” vertel die storie van die soeke na water en in die tweede storie, “Salas Y Gomez”, word ’n jong boer vir maande vasgekeer op ’n rotslys en hy moet al sy kragte inspan om fisies en emosioneel te oorleef. Die musiek vir Uit die bloute is gekomponeer deur die ATKV Crescendo- wenner Lizanne Barnard wat haar elf toonsettings van Marais se gedigte in ’n treffende kombinasie van Afrika-klanke en moderne elemente verwerk het. Bygestaan deur veteraan-musikante Jahn Beukes, Leon Ecroignard en die jong Pyjama Shark word die plaaswerf, die berge van Mamatola en die diepste emosies van die karakters deur musiek en byklanke ingekleur. Die resultaat: ’n onvergeetlike ervaring in Afrikaanse musiekteater wat tegelyk vermaak en ontroer.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.