Die Van der Merwes lyk soos ’n doodnormale middeljarige paartjie. Daar is net een kinkel in die kabel… Johan van der Merwe is ’n reeksmoordenaar. Elsa en Johan word onkant betrap wanneer hul dogter haar nuwe kêrel, Hugo, onverwags die Sondagmiddag by die huis aanbring en een van Johan se slagoffers ontsnap. Hugo besef vinnig alles is nie pluis by sy “aanstaande” skoonouers nie. Wenner van beste teks, beste ontwerp en beste ondersteunende aktrise by die Première Teaterfees in 2022.
REGIE
Jean du Plessis
Geselskap
MET
Mia van der Merwe, Graeme Watson, Gita Fourie, Minke Marais, Jean du Plessis, Nichola Viviers, Damian de Villiers en Trompie Booysen
TEKS
Gita Fourie
KLANKONTWERP
Kara Cloete
STEL- EN KOSTUUMONTWERP
Jean du Plessis
VERVAARDIGERS
Jean du Plessis en Gita Fourie
GENRE // Komedie
Afval
Die Van der Merwes lyk soos ’n doodnormale middeljarige paartjie. Daar is net een kinkel in die kabel… Johan van der Merwe is ’n reeksmoordenaar.