NATi Produksies
NASIONALE AFRIKAANSE TEATER-INISIATIEF
- Alle produksies
- 2017
- 2018
- 2019
- 2020
- 2022
- Alle produksies
- 2017
- 2018
- 2019
- 2020
- 2022
‘n Akkerboom
Die man wat die motor bestuur het, is ’n hipnotiseur wat sedert die ongeluk sy krag van suggestie verloor het … ’n Akkerboom is ’n buitengewone produksie; tydens elke vertoning betree ’n ander akteur of aktrise saam met die hipnotiseur die verhoog om die pa te vertolk, sonder dat hulle ’n woord van die teks gelees het. ’n Asemrowende stuk oor vertolking, verlies, die krag van woorde en suggestie.
Agulhasvlakte
Milly, ’n bloemis, veg haar hele lewe lank teen die verandering van natuurskoon in ’n spesiale gebied van biodiversiteit wat ook haar geboortegrond is, naamlik die Agulhasvlakte.
Babbelagtig
Ontmoet sewe kleurryke, liefdevolle, aweregse narre met manewales wat jou sal laat lag en frons. Babbelagtig is ’n mimiekspel en wipwarit van betowering en plesier.
Bientang: bloedspoor/!nau
Bientang: bloedspoor/!nau is ’n verwerking van die bekroonde digter Jolyn Phillips se tweede digbundel, Bientang.