Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

David Kramer

Geselskap

V.I.T.O., Anray Amansure, Rushney Ferguson en orkes 

Teks en Musiek

Vito Heyn en David Kramer

Erkenning
Geen tot op hede. Ons hoop vir die beste!
GENRE // Musiek

Amper Famous

Speelvak & kaartjies

Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van Okiep wat besluit om in sy moedertaal, Namakwa-Afrikaans, te skryf en rap. Hy word deur sy vriende gespot. Hulle weier om hom ernstig op te neem omdat hy nie lyk of klink soos die Amerikaanse hip-hoppers op YouTube nie. V.I.T.O. bly by sy oupa, wat wil hê hy moet ’n werk kry, maar die kopermyne het toegemaak en werksgeleenthede is skaars. Almal raai hom af om ’n kletsrymer te word. Dit is V.I.T.O. se droom dat sy musiek eendag, wanneer hy ’n suksesvolle hip-hop-ster is, erken word en op radio gespeel en nasionale televisie gesien word. Amper famous is die eerste Afrikaanse hip-hop-musiekblyspel wat op die verhoog gesien word.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.