Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Marthinus Basson

Geselskap

Met: Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam, Edwin van der Walt

Teks: Reza de Wet

Oorspronklike werk: Breathing In

Beligtingsontwerp: Chris Pienaar

Verhoogbestuurder: Mariska Meyer

Assistentverhoogbestuurder: Rynhardt van Blerk

Vervaardiger: Kunste Onbeperk.

Erkenning
Geen tot op hede. Ons hoop vir die beste!

ASEM

Speelvak & kaartjies

Een donker, stormagtige aand gedurende die laaste bitter dae van die Suid-Afrikaanse oorlog, in ʼn uitgebrande skuur van ʼn plaas lê ʼn gewonde Boeregeneraal wat versorg word deur Anna, ʼn kruiedokter wat oor uitsonderlike magte beskik. Haar aantreklike, maar bloedlose dogter, Annie, is ook besig om te veg vir haar lewe, maar het veel meer nodig as haar ma se konkoksies. Die generaal se dapper en getroue adjudant, gebrei deur die slagveld en die afgryse van die oorlog, staan nou voor ʼn verskriklike keuse en ʼn nuwe onnoembare gevaar. In die wêreld waar mans, in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig, moet vroue meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef. De Wet verweef digterlik en kragtig ʼn verhaal van liefde in ʼn tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike. Hierdie is ʼn huldigingsproduksie aan die ontslape dramaturg, Reza de Wet – een van Suid Afrika se belangrikste en meer invloedryke toneelskrywers.

Foto’s – Hans van der Veen  / © www.hansvanderveen.co.za

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.