“Momentum Aardklop bring hulde aan die geliefde Breyten Breytenbach in ’n spesiale program met ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings (nuwe werk deur Lize Beekman, Frieda van den Heever, Anna Davel en Laurinda Hofmeyr, asook of nuwe verwerkings van bestaande werk). Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar beroemde pa.
Daphnée se voorlesing vroeër vanjaar by die huldigingsbyeenkoms in Wellington oor haar pa se dood was ontroerend en gepas: “Parys was daardie oggend in ’n ondeursigtige witheid gehul. Ek het vroeg wakker geword en aan hom gedink – my vader van ’n duisend gesigte. Ek het deur ou fotoalbums geblaai terwyl my seuns, Bokkie en Jannie, om my gespeel het. Skielik het ek die balkondeur hard hoor toeklap. Onseker oor wat gebeur, het ek buitentoe gehardloop. Daar, op die balkonreling, het ’n majestueuse neushoringvoël gesit; ’n voël met ’n rooi snawel,
dieselfde fluweelrooi as die mynwerkerskoene wat Breyten amper nooit uitgetrek het nie. ’n Voël uit Suid-Afrika, midwinter, dou-voor-dag, in die hartjie van Parys…… Die voël sê vir my: ‘Moenie bang wees nie, klim op my rug. Ek neem jou op reis.’”
REGIE
Anna Davel
Geselskap
Met: Rolanda Marais en Eben Genis (akteurs), Ilse Klink (sang), Concord Nkabinde (baskitaar), David Klassen (tromme), Leon Gropp (kitaar en sang) en Laurinda Hofmeyr (klawers en sang)
Artistieke regisseur: Anna Davel
Teks: Breyten Breytenbach en Daphnée Breytenbach
Teksverwerking: Saamgestel en aangepas vir die verhoog: Anna Davel
Spelleiding: Philip Rademeyer
Musiekregie: Laurinda Hofmeyr
Vervaardig deur: Alexa Strachan vir Momentum Aardklop
Moontlik gemaak deur: AK21
Ondersteun deur: NATi
GENRE // Drama
Belofte van vere
Bring hulde aan die geliefde Breyten Breytenbach in ’n spesiale program met ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings (nuwe werk deur Lize Beekman, Frieda van den Heever, Anna Davel en Laurinda Hofmeyr, asook of nuwe verwerkings van bestaande werk). Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar beroemde pa.