NATi Logo
Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Nico Scheepers

Geselskap

MET Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Marelize Viljoen, Timothy Isaacs en Shaun Oelf TEKSVERWERKING van Marietjie de Jongh se gelyknamige roman deur Kanya Viljoen REGIE Nico Scheepers AssistentREGIE Grant van Ster Tegniese versorging, kostuums, stel- en beligtingsontwerp Nico Scheepers en Nell van der Merwe MUSIEK Franco Prinsloo VERHOOGBESTUURDER Nell van der Merwe ASSISTENT-VERHOOGBESTUURDER Sohail Booise VERVAARDIGERS KKNK en Momentum Beleggings Aardklop

Erkenning

’n Momentum Beleggings Aardklop-produksie in samewerking met die KKNK en die Feesteforum, moontlik gemaak deur NATi en AK21

GENRE // Multidissiplinêre drama

Braam en die engel

Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multidissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin.

Speelvak & kaartjies

Die geliefde kinderboek Braam en die engel is verwerk as ’n magiese, multidissiplinêre teaterervaring vir die hele gesin. In dié boeiende storie oor die krag van vriendskap, verbeelding en hoop word ’n pasaangestelde streeksengel op ’n sending gestuur om te keer dat die inwoners van Wale van ellende vergaan. In Wale ontmoet die engel vir Braam en saam vertrek hulle op ’n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings neem. ’n Produksie vir die hele gesin. Benoem vir vyf kykNET Fiëstas en vier Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.