CRYBABY is ’n Feesteforum-produksie waarvan die teks vir KKNK se tiende Teksmark in 2025 ontwikkel is. Die produksie is moontlik gemaak deur NATi en word ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met The Jobs Fund. Die produksie reis in 2026 na al ses Feesteforum-feeste en het ’n speelduur van ongeveer 80 minute.
Speelvakke 2026
KKNK: 30 Mrt 11:00, 31 Mrt 15:00, 1 Apr 16:00, 2 Apr 14:30, 3 Apr 14:30, 4 Apr 14:30 en 18:00; Johnny Bisschoff-saal.
Suidoosterfees: 30 Apr 10:00, 1 Mei 13:30; kykNET Teater.
Toyota Innibos: 2 tot 5 Jul 2026; Venue nog te bevestig.
Vrystaat Kunstefees: Sien feeswebwerf; Sien feeswebwerf.
Momentum Aardklop: 29 Sep 12:00, 30 Sep 18:00, 1 Okt 10:00, 2 Okt 19:00, 3 Okt 10:00; Elgro Hotelsaal.
Toyota Stellenbosch Woordfees: 8, 9, 10 en 11 Okt; Open Window Campus.