Annie Ernaux se verhaal word ’n ragfyn ondersoek na familie, verlies en die skuldgevoel van ’n kind wat ontdek dat ’n ouer suster twee jaar voor haar geboorte gesterf het. Die afwesigheid van dié suster leef voort in die ouers se onuitgesproke verdriet en vorm die jong Annie se identiteit. Sandra Prinsloo vertolk die stuk onder regie van Lara Foot, met Saartjie Botha as verwerker en Naòmi Morgan as vertaler. Dit is ’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie.
Speelvakke 2026
Suidoosterfees: 30 Apr 17:00, 2 Mei 10:00; kykNET Teater.