Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Geselskap

MET Mareli Stolp (klavier) en Diek Grobler (animasie) TEKS Susan Smith VERHOOGBESTUURDER Rob Murray

Erkenning

Ondersteun deur NATi

GENRE // Musiek

Die gevlerktes

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering en animasierolprentkuns kombineer.

Speelvak & kaartjies

Momentum Aardklop
KKNK

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering en animasierolprentkuns kombineer. Diek Grobler is bekend as een van Suid-Afrika se voorste animasiekunstenaars. Mareli Stolp het bekendheid verwerf as ’n pianis wat haarself toespits op kontemporêre en avant-garde-klavieruitvoering. Vir Die gevlerktes skep Diek vier nuwe kortflieks in reaksie op werke vir solo-klavier geïnspireer deur voëls – die “gevlerktes” van die titel. Die titel word ontleen aan die gelyknamige gedig deur Susan Smith. Die vier klavierwerke waarop hy sy flieks baseer, is “L’Alouette Calandrelle” deur Olivier Messiaen, “La Poule” deur Jean-Phillipe Rameau, “Ibis Hadeda” deur Neo Muyanga en “On Hearing the First Cuckoo in Spring” deur Frederick Delius. Diek se flieks word vertoon terwyl Mareli die klavierwerke uitvoer.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.