Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Christiaan Olwagen

Geselskap

MET
Sandra Prinsloo, Dawid Minnaar, Ludwig Binge, Ashley de Lange

Vertaler
Christiaan Olwagen (na Florian Zeller)

Produksiebestuur
Marié Vogts

Verhoogbestuur
Andi Colombo

Assistent-verhoogbestuur
Roland du Preez

Stel- en kostuumontwerp
Birrie le Roux

Klankbaan
Loki Rothman

Beligting
Wolf Brits

Erkenning

Ontwikkel met die ondersteuning van NATi en die Toyota US Woordfees

GENRE // Toneel, Drama

Die moeder

Moederskap is ’n voltydse werk, en dan isdit eensklaps verby. Anna se kinders het grootgeword en het lewens en liefdes van hul eie. Van ure alleen deurbring, begin die wêreld om haar kantel. Het haar man regtig ’n verhouding?

Speelvak & kaartjies

Moederskap is ’n voltydse werk, en dan isdit eensklaps verby. Anna se kinders het grootgeword en het lewens en liefdes van hul eie. Van ure alleen deurbring, begin die wêreld om haar kantel. Het haar man regtig ’n verhouding? Het haar gunstelingseun werklik huis toe gekom? Of is dit die eensaamheid wat Anna tot waansin dryf? Die moeder (oorspronklik The Mother) is ’n boeiende portret van leënessindroom, deur die bekroonde dramaturg Florian Zeller, wat ook The Father geskryf het. Die moeder is met vyf Woordtrofees bekroon, waaronder beste aktrise, beste byspeler (manlik en vroulik), beste tegniese prestasie en beste toneelstuk.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.