Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Wessel Pretorius

Geselskap

MET

Hannah Borthwick, Wian Taljaard, Sean van Noordwyk, Kanya Viljoen

Teks

Beyers de Vos

Produksiebestuur

Marié Vogts

Verhoogbestuur

Philip Theron

Stel- en kostuumontwerp

Birrie le Roux

Beligting

Kieran McGregor

Klankbaan

Franco Prinsloo
Erkenning

Ondersteun deur NATi, Toyota US Woordfees

GENRE // Komedie

Die Suid-Afrikaners

In die verloop van ’n aand bespiegel Karina, Karel, Kasper en Katryn oor die toekoms en baklei hulle oor die verlede. Hulle wonder of hulle die laaste oorblywende Afrikaners is, of dit enigsins saak maak, en drink ’n heildronk op hul gunsteling- Afrikaanse woorde. Die Suid-Afrikaners handel oor Afrikaans praat en Afrikaans wees: wat bly oor van taal, kultuur en identiteit as alles anders vernietig is? En wie se skuld is dit dat alles só uitmekaargeval het? Dit ís ’n komedie. Belowe.

Speelvak & kaartjies

Die apokalips het aangebreek en Suid-Afrika is in sy moer.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.