Ná die sukses van Karoo Kaarte se aangrypende teaterproduksies Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022) verlaat die teaterspan vanjaar die tradisionele teaterruimtes en skep ’n splinternuwe plekspesifieke produksie gesentreer rondom die eens fabelagtige, maar nou vervalle Oudtshoorn-spoorweg. Die span het met behulp van die navorsing oor die geskiedenis van Oudtshoorn-treine, asook die vele herinnerings daaroor en karakters rondom dit, ’n surrealistiese en poëtiese staptoer geskep. Die gehoor word teen skemertyd op reis geneem langs Oudtshoorn se treinspore, waar ’n reeks verrassende optredes langs die pad wag. Trek gemaklik skoene aan en bring ’n baadjie.
GENRE // Plekspesifieke teater
Die swartmerrie
Ná die sukses van Karoo Kaarte se aangrypende teaterproduksies Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022) verlaat die teaterspan vanjaar die tradisionele teaterruimtes en skep ’n splinternuwe plekspesifieke produksie gesentreer rondom die eens fabelagtige, maar nou vervalle Oudtshoorn-spoorweg.