Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Basil Appollis

Geselskap

Met

Chris van Niekerk, Loukmaan Adams, Carlo Daniels, Gary Naidoo, Bianca Flanders en Liebchen Saal en ‘n tradisionele Kaapse Maleier sanggroep

Ontwerp

Lindi-Heila Smit

Musiekontwerp

Gertjie Besselsen

Musiekfasiliteerder

Kurt Haupt

Tekssamestelling

Lindi-Heila Smit

 

Erkenning
Geen tot op hede. Ons hoop vir die beste!

DIE VLAMMENDE FEZ

Speelvak & kaartjies

Hierdie musiekspel bevat nuutgeskrewe sowel as 300-jaaroue melodieë vervleg met verse, en stories van oor die wêreld geskryf deur I.D du Plessis. Die poduksie gee ‘n blik op die lewe en denke van du Plesssis en sy fassinasie met mense, die bo-natuurlike en die Ooste. Dit is ‘n musikale reis deur hierdie besonderse digter se lewe en werke met spesifieke fokus op sy liefde vir die ooste en die Maleier-bevolking.

Bekende stories, gedigte en musiekverwerkings in die produksie sluit in o.a Götterdämmering, Waar gister nog, Karnaval, Vreemde liefde, die epiese vertelling van Khlaifa en die Kaalvoet klonkie.

In Die Vlammende Fez word ‘n eksotiese wêreld opgeroep. Iewers tussen die ooste en die weste, deur Duister Weë en Vreemde Liefde. Deur Skermutseling en Skote, Lig en Skadwee tot aan die einde. Kom luister na die eeue oue roepstem van die muezzin in Afrikaans.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.