As daar nou één dag is waarop hierdie twee susters nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag. Daar is ’n duisend dinge: mans, kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop en pa se trek na die aftreeoord. Maar wanneer alles tot stilstand ruk in dié beknopte spasie, word die susters gedwing om regtig met mekaar praat – oor die voordele van eierwit en selfs ernstiger sake.