Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Henriëtta Gryffenberg

Geselskap

Met

Paul du Toit, Jenna Dunster, Lizanne Barnard, Leon Ecroignard, Jahn Beukes en Pyjama Shark

Teks

Eugéne Marais

Vervaardiger

Konterdans Produksies – Medevervaardigers Giep van Zyl en Lizanne Barnard

Verhoogbestuur

Mariska Meyer
Erkenning
Geen tot op hede. Ons hoop vir die beste!

Dop

Speelvak & kaartjies

Eugène Marais is ʼn meester-storieverteller en die verhale en tydlose gedigte wat in hierdie produksie op die verhoog lewe kry, boei die gehoor van die heel eerste woord af.

Uit die bloute is die herlewing van die 1996-lokettreffer met dieselfde naam, en in hierdie produksie word klank en woord op unieke wyse op die verhoog verweef. Paul du Toit, wat vanjaar die Fiësta gewen het as beste manlike akteur, en Jenna Dunster, talentvolle dogter van die bekende akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster, vertolk die hoofrolle.

Die eerste storie, in storierymvorm, is Die Lied van die Reën, ʼn Koranna Dwaalstorie, wat handel oor die Koranna mense se stryd om water en hoe die selfsugtige stamhoof, Jakob Makding, die water beheer. Wanneer die reën uiteindelik kom, word Jakob Makding getroef en die water is vir almal beskikbaar.

Die tweede storie is Salas Y Gomez– ʼn jong boer is vir maande lank vasgekeer op ʼn rotslys van waar hy sy plaas kan sien, maar niemand weet waar hy is nie. Dan sien hy op ʼn dag hoe die vryers opdaag by sy jong bruid…

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.