Gebaseer op Kirby van der Merwe se bekroonde roman, volg Eugene ’n buitestaander en soeker wat deur marginalisering, trauma, liefde, verraad en vergifnis beweeg. Die produksie ondersoek onder meer manlikheid, identiteit en die mens se soeke na behoort. Nico Scheepers regisseer met Carlo Daniels, Lynette du Plessis en Kirby van der Merwe. Dit is ’n ko-produksie van Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees en Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi, FEC, The Jobs Fund en Het Jan Marais Nationale Fonds.
Speelvakke 2026
Suidoosterfees: 29 Apr 13:30, 1 Mei 12:00, 3 Mei 15:30; ATKV Arena Teater.
Vrystaat Kunstefees: 7 Jul 10:00, 8 Jul 15:30, 10 Jul 17:00; Sien feeswebwerf.
Toyota Stellenbosch Woordfees: 5, 6, 7 en 8 Okt; Adam Small Laboratory.