Soveel is al gesê en geskryf oor hoe om geslagsgebaseerde geweld
en vrouemoord uit te roei.
GENRE // KABARET
Femme is Fatale
Optogte is georganiseer, stille protes het plaasgevind en die President het leë beloftes gemaak. In Femme is Fatale, ’n splinternuwe eenvroukabaret wat al in 2020 die lig moes sien, ondersoek Elzabé Zietsman met sang en stories hierdie ander epidemie wat dreig om die kern van die Suid-Afikaanse gemeenskap te vernietig. Ná twee jaar op die ys, is Elzabé Zietsman en haar span gereed om dié euwel bloot te lê.