Tiaan en Egbert word op die eerste repetisiedag van ’n nuwe stuk deur hul teksskrywer in die steek gelaat. Dinge raak rof soos die akteurs planne beraam om uit hul verknorsing te kom. Hulle probeer self skryf, maar met gemengde welslae en histeriese gevolge. Idees oor improvisasie help ook min. Hoe later, hoe desperater. In hul frenetiese geskarrel om skeppend te wees, word die gehoor getrakteer op die storie agter hul stories. Geen teks bekyk daai oomblikke wanneer daar niks is om te sê nie …