Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Philip Rademeyer

Geselskap

MET Antoinette Kellermann, Gideon Lombard en Emma Kotze TEKS, REGIE EN STELONTWERP Philip Rademeyer OORSPRONKLIKE TITEL The Graveyard BELIGTINGSONTWERP Andi Colombo VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Amber Fox-Martin VERVAARDIGERS Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees

Erkenning

’n Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees ko-produksie, ondersteun deur NATi. Speelvak moontlik gemaak deur KKNK.

GENRE // Drama

Goed wat wag om te gebeur

Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder – waar hy sy kinderdae deurgebring het – te wag.

Speelvak & kaartjies

Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder – waar hy sy kinderdae deurgebring het – te wag. Die kelder is leeg, maar die familie se geheime en geskiedenis hang in die lug, lê begrawe in die huis se fondamente. Hy speel met Lego, drink en wag. Drie figure sweef in en uit – sy verharde suster, sy tenger ma, sy lewenslustige meisie. Soos hy al dieper in die bottel kyk, herrys spoke van geweld, verwyte en verslawing. Hy wag vir iets om te gebeur. Of iemand om hom te vind. Bekroon as beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks by Momentum Beleggings Aardklop in 2023 en benoem vir drie Woordtrofees by die Toyota US Woordfees in 2023.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.