Op 90 is Hans nog hups en springlewendig.
GENRE // Komedie
Hans steek die Rubicon oor
Sy orige kinders maneuvreer hom egter vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in die Kaap
en in Huis Madeliefie in. Maar Hans skop nog kliphard en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone – ’n afgetrede tronkbewaarder ... Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet pret net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese drama oor oudword op eie terme.