Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Wolf Britz

Geselskap

Met Tinarie van Wyk Loots, René Cloete, Kristen Raath, Jefferson J. Dirks-Korkee
Regisseur en beligting Wolf Britz
Skrywer Dianne du Toit Albertze
Stel- en rekwisiete-ontwerp Stefan Benade
Klankontwerp Charl-Johan Lingenfelder
Kostuumontwerp Birrie le Roux
Verhoogbestuur Morag Tison
Assistentverhoogbestuuder Eddie Newman
Produksiebestuur Brechmari van Wyk
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi

Erkenning

Ondersteun deur NATi

Huis van sand

Babs en Sandy leef op die leftovers van hul verlede. Die vier mure van hul caravan ken ’n klomp geheime, en al is dit ’n humble huisie, is dit hul pondokpaleis. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 koebaai gegroet om ’n lewe te begin in Rodney se karavaan net buite Springbok, die bottel eers gebêre om Babs groot te maak.

Speelvak & kaartjies

Toyota Stellenbosch Woordfees

Babs en Sandy leef op die leftovers van hul verlede. Die vier mure van hul caravan ken ’n klomp geheime, en al is dit ’n humble huisie, is dit hul pondokpaleis. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 koebaai gegroet om ’n lewe te begin in Rodney se karavaan net buite Springbok, die bottel eers gebêre om Babs groot te maak. En saam met dit kom groeipyne en erfsondes. As volwasse vrou probeer Babs haar bes om die bloed van haar herinneringe skoon te was en aan te beweeg as onderwyseres by die plaaslike laerskool. Tog haal die stofstorms haar keer op keer in. Die koue vuur van Sandy en Babs se onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug, ’n treinrit tot diep binne waar die grense begin grys word.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.