Heather haat pouse. Want al is sy die uitbundige dux-leerder, is sy bruin. En dis ’n wit, plattelandse skool. Dit verander egter gou wanneer Gideon in die skool kom. Nie net het Heather nou iemand om pouses by te staan nie, maar ’n kameraad met ’n gemeenskaplike doel: om eendag ’n dokter te word. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? En wat gebeur as ons grootword en vergeet om na die sterre te kyk?
REGIE
Adriaan Havenga
Geselskap
Met René Cloete en Adriaan Havenga
Teks Adriaan Havengqa
Verhoogbestuur: Enrique de Villiers
Beligtingsontwerp: Helena Baard en Adriaan Havenga
Musiek: Enrique de Villiers en Adriaan Havenga
Choreografie: Helena Baard
Taal: Afr
Tydsduur: 70 min