Vier jong bruin studente deel ’n woonstel op Stellenbosch wat jare gelede slawe gehuisves het. Hulle probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Want wat beteken bruinwees nou eintlik?