Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Dhania Kara Schultz

Geselskap

MET Alet Bruyns en Zara van der Westhuizen TEKS EN REGIE Dhania Kara Schultz VERHOOGBESTUURDER Wilri van der Merwe VERVAARDIGERS KKNK en NATi

Erkenning

Speelvak ondersteun deur die Johann Brink Trust. Oorspronklik ontwikkel vir die Première Teaterfees. Moontlik gemaak deur die KKNK, ATKV en NATi.

GENRE // Absurde teater

Incarnations of Sand

In ’n wêreld waar daar slegs twee is, en die dae een na die ander soos waaisandduine verander, beteken tyd niks. Die sand syfer deur die uurglas, maar tog blyk dit dat dit elke keer by die laaste korrel omswaai. Nooit vol nie. Nooit leeg nie.

Speelvak & kaartjies

In ’n wêreld waar daar slegs twee is, en die dae een na die ander soos waaisandduine verander, beteken tyd niks. Die sand syfer deur die uurglas, maar tog blyk dit dat dit elke keer by die laaste korrel omswaai. Nooit vol nie. Nooit leeg nie. Die oomblik word met iets gevul. Tik, tik, tik, tik. Skielik, ’n verandering. ’n Bom. Gedwonge konfrontasie met hul sterflikheid. Wat kan ’n mens doen as jy midde-in die verwoesting staan? Sterf? Of droom? ’n Absurdeteater-ervaring wat ’n unieke blik werp op sterflikheid, verbintenisse en bowenal wat dit beteken om mens te wees.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.