Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Mikayla Joy Brown

Geselskap

Met
Miché C. van Wyk, Julia Marone, Kerscha Titus, Nequin Petro, Keagon Cochrane, Mikyall Harris en Tamia Thompson
Teks: Mikayla Joy Brown
Verhoogbestuur: Luvo A. Gcuku
Assistent-verhoogbestuurder: Bella-Donna Draper
Choreograaf: Andrea Fraser
Taal: Afr, Eng
Tydsduur: 60 min

 

Erkenning

Ondersteun deur NATi

GENRE // Drama

Jantjies and the Pearls

Die Jantjies-gesin woon in die hartjie van Distrik Ses, vasberade om hul huis van gedwonge verskuiwing te red. Die regering se “liefdesbriewe” aan inwoners dat hulle moet trek, is pas uitgereik.

Speelvak & kaartjies

Die Jantjies-gesin woon in die hartjie van Distrik Ses, vasberade om hul huis van gedwonge verskuiwing te red. Die regering se “liefdesbriewe” aan inwoners dat hulle moet trek, is pas uitgereik. Hulle bedink ’n vreemde plan waar hulle lot op pêrels berus: Hulle glo dat drie pêrels hulle sal red indien dit gevind word. Maar die pêrels word jaloers bewaak deur die vurige Gadija en Boeta Char, ’n bendelid, en dit is in die tande van afgestorwenes. ’n Komiese maar bittersoet worsteling met verlies, rou, ontkenning en hoop. Bekroon vir beste teks en beste ensemblespel by die Première Teaterfees.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.