Karatara is op die Knysna-brande van 2018 gebaseer. Op 29 Oktober, in die middel van die nag, verorber die vuur die dorp. Die inwoners verloor alles, party hul lewens. Dié persoonlike dansdrama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond en ’n heenkome. Dit ondersoek die komplekse dinamika en geskiedenis tussen die gemeenskappe van die gebied en wys hoe die media en politici ’n tragedie as ’n geleentheid gebruik het.
Erkenning
‘n KKNK-produksie in samewerking met Suidoosterfees en Toyota US Woordfees. Moontlik gemaak deur NATi. Ondersteun deur die Departement van Kultuursake en Sport Wes-Kaap.
GENRE // Drama
Karatara
Karatara is op die Knysna-brande van 2018 gebaseer. Op 29 Oktober, in die middel van die nag, verorber die vuur die dorp.