Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

David Kramer

Geselskap

MET
Elzabé Zietsman, André Schwartz en Tony Bentel (klavier)

TEKS
Johann Slabbert REGIE André Odendaal

MUSIEK EN MUSIEKREGIE
David Kramer

VERHOOGBESTUURDER
Jeanellé Strydom

PRODUKSIEBESTUURDER
Johann Slabbert VERVAARDIGER Drama Drama

Erkenning

Ondersteun deur NATi

GENRE // Musiekteater

Katrien, die King en die Kween

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die alledaagsheid van ’n dorpie sonder drome. Hul leënessindroom en ou verwyte maak hul dae lank en hul nagte stil.

Speelvak & kaartjies

KKNK

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die alledaagsheid van ’n dorpie sonder drome. Hul leënessindroom en ou verwyte maak hul dae lank en hul nagte stil. Wanneer die flambojante en geheimsinnige Merve onverwags uit Kaapstad opdaag en met sy klavier in die ou huis langs hulle intrek, word Katrien en Donovan se vervelige roetine op sy kop gekeer. Deur humor, nostalgie en met splinternuwe musiek van David Kramer, word die karakters gekonfronteer met hul verlore drome, wankelende huwelik en die moontlikheid van nuwe hoop.

Elzabé Zietsman het Johann Slabbert gevra om ’n kabaret te skryf waarmee sy kan hulde bring aan David Kramer se liedjies. Nadat Kramer die storie gelees het, het hy voorgestel dat hierdie storie en sy karakters ’n “mini-musical” word waarvoor hy die musiek sal skryf. En so is Katrien, die King en die Kween gebore.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.