Die 85-jarige Ouma Katrina Esau is die laaste een wat nog die oertaal N/UU kan praat. Sy vertel haar verhaal in haar eie woorde met aangrypende musiek deur Coenie de Villiers en die skitterende choreografie van Kirvan Fortuin. Dis die menslike verhaal van ’n merkwaardige vrou se lewe in ’n sterwende taal, uitgebeeld met die tradisonele musiek en dans van die San-gemeenskap met dank aan die San-Raad van Suid-Afrika.
“Ons het ’n huis geërf! ’n Huis op die platteland. By die see.” In hierdie poëtiese drama vestig ’n hedendaagse stadspaartjie hulle op ’n dorre spookdorpie waar hulle probeer ontsnap van al die dolle gejaag. En die toenemende anargie van die grootstad. Maar is daar rus en vrede in hul huisie by die see?