Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Lee-Ann van Rooi

Geselskap

Met Miché van Wyk, Theodore Jantjies, Lynette du Plessis, Damian Jacobs
Skrywer Lynthia Julius
Regie en ontwerp Lee-Ann van Rooi
Beligtingsontwerp Alfred Rietmann
Verhoogbestuurder Charlene Colling
Klankbaan Carl Julius
Choreograaf Grant van Ster
Produksiebestuur BOSSIKOP Productions
’n Ko-produksie van die Stellenbosch Toyota Woordfees en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi, Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund

Erkenning

Ondersteun deur NATi

GENRE // Drama

Kinderle

’n Wrok, sê hulle, is ’n seer ding om te koester. Namas en Boesmans is mos vreedsame mense. Só teken die wit mense hulle op. Hulle baklei nie. Hulle gee af as daar moet afgegee word en hulle vat nie.

Speelvak & kaartjies

Toyota Stellenbosch Woordfees

’n Wrok, sê hulle, is ’n seer ding om te koester. Namas en Boesmans is mos vreedsame mense. Só teken die wit mense hulle op. Hulle baklei nie. Hulle gee af as daar moet afgegee word en hulle vat nie. Soos Hanna het Maria ’n kjeent by God gesmeek en God het gegee. Dawid en Maria is vir Dammas gegee. Op ’n Sondag in 1867 word hulle kamp, Nona-Ams, deur Boesmans oorval terwyl die grootmense ’n kerkdiens op Besondermeid bywoon. 32 Nama-kjeeners, hulle oppassers en honde word doodgemaak. Dieselfde God wat vir Dawid en Maria gegee het, vat vir Dammas en 31 anner Nama-kjeeners terug. En gee en terugvat is erger as steel. Dié stuk bied ’n Noord-Kaapse geskiedenis wat nie alombekend is nie. Met kwessies oor ma-wees, ouer-wees, geloof en ’n tragiese geskiedenis wat se letsels nou nog op Namakwaland se rug lê.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.