In dié verhoogverwerking van Ronelda Kamfer se roman word die aangrypende verhaal van die McKinney-familie van Groenplaas deur twee kleinkinders, Nadia en Xavie, vertel.
In dié verhoogverwerking van Ronelda Kamfer se roman word die aangrypende verhaal van die McKinney-familie van Groenplaas deur twee kleinkinders, Nadia en Xavie, vertel. Temas soos onskuld, deursettingsvermoë en familievetes word verken binne die ongenaakbare Suid-Afrikaanse konteks. Die stuk word in ’n “sirkel” aangebied met ’n plaashek wat die gehoor toegang gee tot die innerlike én eksterne faktore wat die karakters se lewe beïnvloed asook hulle keuse om uit hul chaotiese bestaan te ontsnap. Die vervlegting van persoonlike ervarings en kulturele nuanses belig die skoonheid en kompleksiteit van Afrikaaps.
’n Koproduksie van die Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees en KKNK, ondersteun deur NATi, Het Jan Marais Nationale Fonds, Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund
GENRE // Drama