Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul…
Ná uitverkoopte optredes landswyd, sluit ons die jaar by Aardklop af. Die bekende stories speel af in ’n klein dorpie, in ’n vorige era, maar ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die geliefde karakters.
Dis volksteater op sy beste: vol lag en ’n bietjie traan.
In liefde en met dankbaarheid opgedra aan P.G. du Plessis.