Kraal is ’n semi-outobiografiese eenmanvertoning met musiek en woorde uit die argiewe van Jason Jacobs se pa, Anthony.
GENRE // Toneel
KRAAL
Die teks word aangebied as ’n sekwens van drome wat op ’n “inheemse” manier “vertaal” is. Sommige tonele is geïnspireer deur klassieke werke soos Koning Lear, Oedipus Tyrannus en Hamlet. ’n Magiese herverbeling van die skrywer se voorvaderlyn in ’n poging om wonde te heel binne die nalatenskap van ’n oorgeërfde dopstelsel.