Tessa Slabbert is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Sy wéét vanaand se funksie, en die belaglike “toekenning vir lewenslange bydrae” wat sy kry, is haar smokgevreet van ’n eksman se manier om subtiel te sê haar tyd is verby. Sý is Le Poulpe (Die Seekat) Cosmetics! Tessa gaan nie opdaag nie. Dit sal hom en sy kredietkaartkoket leer om nie met Tessa te mors nie. Die stotterende Thomas het sy hande vol om Tessa te oortuig om tog maar te gaan – asof dit die belangrikste taak van sy lewe is… Wanneer sy uiteindelik, op een voorwaarde, instem, kan hy nie anders as om te doen wat sy vra nie. Daar is baie op die spel. ’n Stuk oor seekatte, wat ons doen om oukei te wees en wat dit alles met Noddie te doen het. Daar is baie om oor te lag, maar, vir balans, nes dit maar altyd in die lewe is, is daar ook heelwat om oor te huil. Maak vas jou sitplekgordel: Tessa en Thomas het dinge om te sê. Hierdie produksie is lig en snaaks; mooi en hartseer.
GENRE // Drama
Kry vir jou ‘n Tux, Thomas
Tessa Slabbert is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Sy wéét vanaand se funksie, en die belaglike “toekenning vir lewenslange bydrae” wat sy kry, is haar smokgevreet van ’n eksman se manier om subtiel te sê haar tyd is verby. Sý is Le Poulpe (Die Seekat) Cosmetics! Tessa gaan nie opdaag nie. Dit sal hom en sy kredietkaartkoket leer om nie met Tessa te mors nie.