Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Marthinus Basson

Geselskap

Met Wessel Pretorius, Ludwig Binge, Wilhelm van der Walt
Regisseur en ontwerp Marthinus Basson
Skrywer Yasmina Reza
Vertaler Naòmi Morgan
Beligtingsontwerp en verhoogbestuurder Nicolaas de Jongh
Assistent-verhoogbestuurder Jean du Plessis
’n KKNK-produksie, ondersteun deur NATi

Erkenning

Ondersteun deur NATi

Kuns

Buiten dat smaak verskil, is daar al menige argumente gevoer oor wat kuns is – laat staan nog góéie kuns! Die vriendskap van drie ou vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop.

Speelvak & kaartjies

KKNK
Toyota Stellenbosch Woordfees

Buiten dat smaak verskil, is daar al menige argumente gevoer oor wat kuns is – laat staan nog góéie kuns! Die vriendskap van drie ou vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns. Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se vlymskerp Art is een van die suksesvolste komedies in eietydse teater. Dit is al in 20 tale vertaal en het onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys gewen. Dié produksie is bekroon met vyf Kanna-toekennings, onder meer vir beste produksie, beste ensemble, beste ontwerp en beste akteur.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.