LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker-lag produksie is dit alles behalwe die geval.
GENRE // Komedie
Laerskool Noord
Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur netbal-juffrou Zelda se vreeslose fluitjie, Bets se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom. En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?