Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene speel af in ’n Suid-Afrika waar mense slegs 140 woorde per dag mag gebruik. Teen dié ongewone agtergrond word ’n jong verhouding ’n ondersoek na kommunikasie, stilte en die mag van woorde. Kanya Viljoen behartig die verwerking en regie. Die KKNK- en Suidoosterfees-produksie is moontlik gemaak deur NATi, FEC en The Jobs Fund en word ook by Aardklop en Woordfees aangebied.
Speelvakke 2026
KKNK: 28 Mrt 11:00, 29 Mrt 13:30, 2 Apr 18:00, 3 Apr 14:00, 4 Apr 13:00; Gimsaal.
Suidoosterfees: 2 Mei 09:00, 3 Mei 12:00 en 19:00; ATKV Arena Teater.
Momentum Aardklop: 29 Sep 11:30, 30 Sep 19:30, 1 Okt 16:00, 2 Okt 13:00, 3 Okt 13:30; POK (C6).
Toyota Stellenbosch Woordfees: 7, 9, 10 en 11 Okt; kykNET Idas Valley Primary.