Liewe Heksie het ’n visstok present gekry. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saamsing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Tydlose vermaak vir die hele gesin. In 2022 het die span agter hierdie produksie ’n Kanna vir beste kinderteater by die ABSA KKNK verower.
GENRE // Kinderteater
Liewe Heksie vang vis
Liewe Heksie het ’n visstok present gekry. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saamsing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.”