’n Teatergeselskap onder leiding van die befaamde Dante du Pré bevind hulle tydens die Depressie in ’n klein dorpie in die hoop om verligting te bring met ’n opvoering. Ook om hul leë geldkoffers aan te vul. Een van die spelers, die jonge Abel, kom oorspronklik van die dorp en is steeds getroud met die stinkryk en heelwat ouer Anna. Maar sy liewe Lenie verwag nou sy kind. Hierdie bittersoet komedie uit die pen van Reza de Wet is nog net so tersaaklik in vandag se tyd, met ’n tuimelende ekonomie in die nasleep van Covid-19.
REGIE
Marthinus Basson
Geselskap
MET
Dawid Minnaar, Brümilda van Rensburg, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis
TEKS
Reza de Wet
BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER
Nicolaas de Jongh
ASSISTENTVERHOOG-BESTUURDER
Philip Theron
VERVAARDIGER
KKNK