MI(SA) is ’n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en ’n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiekdeur Antoni Schonken: Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum. Hiermee tree Krog en Schonken in gesprek met die geliefde Misa Luba en Misa Criolla. Marthinus Basson vermeng rite en liturgie en skep ’n grensverskuiwende eietydse klankbeeld van Suid-Afrika, oorwegend in Afrikaans, maar ook met Latyns, Grieks, Engels, Xhosa en ou Khoisan-woorde. Krog noem dit ’n “wetenskaplike mis wat die skade wat die mens aan mekaar, sowel as die planeet aanrig, besweer.” Die MI(SA) word ook nie net deur die Kaapstadse Operakoor gesing nie – die stories van die koorlede en waar hulle vandaan kom, vorm deel van die mis.
REGIE
Marthinus Basson
Geselskap
Met
Amanda Strydom (solis),
Cecilia Rangwanasha (sopraan), Makudupanyane Senaoana (tenoor), Ané Pretorius (mezzo-sopraan), Erik Dippenaar (klavesimbel), Kaapstadse Operakoor
Skrywer
Antjie Krog (Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum)
Dirigent en musikale regisseur
Pieter Bezuidenhout
Stelontwerp
Marthinus Basson & Michael Mitchell
Musiek
Misa Criolla gekomponeer deur Ariel Ramírez, Missa Luba gekomponeer deur Guido Haazen, Nuwe verbond gekomponeer deur Antoni Schonken
Choreografie
Sifiso Kweyama en Ina Wichterich
Kostuums
Michael Mitchell
Verhoogbestuurder
Danielle Louw
Projekbestuurder
Corneil Muller
Vervaardiger en beligtingsontwerp