Liefde is soms morsig, meestal misterieus en maak mense dikwels mallerig. Die oorspronklike bundel, saamgestel deur Antjie Krog, is ’n mixtape-mengelmoes van álles wat die liefde is. Dit bevat stemme van diverse Suid-Afrikaanse digters en reik oor temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar op die ou end word almal ewe hard deur die liefde omgedolwe, platgetrek óf opgehef. Die musikante, akteurs en gedigte is perfek gekies om aan hierdie Mixtape van die liefde vlerke te gee.
REGIE
Anna Davel
Geselskap
MET
Jana Cilliers, Mathys Roets, Anna Davel, Stephanie Baartman, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp
GESKEP DEUR
Anna Davel en Alexa Strachan na die bloemlesing saamgestel deur Antjie Krog
KURATOR
Dineke van der Walt
VISUELE KUNSTENAARS
John Robbertse, Amy Jane van den Bergh, Amé Bell, Jayne Crawshay-Hall, Balekane Legoabe, Neil Badenhorst, Olivia Botha, Kevin Collins, Sanet Visser en Almero Welgemoed
GENRE // Woordkuns & Visuele kuns en musiek
Mixtape van die Liefde
Dit bevat stemme van diverse Suid-Afrikaanse digters. Dit reik oor temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar op die ou end word almal ewe hard omgedolwe, platgetrek óf opgehef deur die liefde. Die musikante, akteurs en kunswerke is perfek gekies om hierdie Mixtape van die liefde vlerkte te gee.