Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Tinarie van Wyk Loots

Geselskap

Met Albert Pretorius, Brendon Daniels, Nicole Holm, Dean John Smith
Vervaardiger KKNK
Regisseur en ontwerper Tinarie van Wyk Loots
Skrywer Ingrid Winterbach
Verhoog- en produksiebestuur Cole Wessels
’n Ko-produksie van die KKNK en die Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi

Erkenning

Ondersteun deur NATi

GENRE // Drama

Moedswil en Muitery

Die Hertzog-bekroonde skrywer Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk 'n onbespreekbare blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbinding en privaat plesiersies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om 'n verversing glasie te vestig.

Speelvak & kaartjies

KKNK
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die Hertzog-bekroonde skrywer Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en privaat plesiertjies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om ’n verversin gstasie te vestig. Blussing-Fermaak, ’n verstekeling op die skip, dreig om die sending te kaap en die skip na die Kongo te neem om van daar met slawe handel te dryf, of dalk ’n kruidenierskettingwinkel te open. Teatergangers kan hulle gereed maak vir ’n drama waarin alles nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Met Winterbach se eiesoortige humor, en ’n rolverdeling met topakteurs onder spelleiding van Tinarie van Wyk Loots, beloof dit om ’n hoogs vermaaklike teaterervaring te wees. Die teks is oorspronklik as leesteater voorgelê by die KKNK se Teksmark in 2023. ’n Ko-produksie van die KKNK, Suidoosterfees en die Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.