In Mutton Hour bring van ons voorste teaterlui kort stories oor liefde, verlies, hansworse en katte na die verhoog – lekker lawwe verhale vol humor, musiek en kamishibai, die Japannese tegniek van geïllustreerde storievertelling. Dié produksie sal jou ná twee jaar van pandemie-grendeltye weer van voor af lief maak vir die teater!