’n Man raak verlief op ’n standbeeld. ’n Pa keer terug uit die dood. Die laaste twee gay mans op aarde moet besluit of ’n verhouding die moeite werd is. ’n Road trip saam met jou eks-kêrel se ma. Dit alles maak deel uit van ’n versameling stories in die nuwe komedie uit die pen van Wessel Pretorius.